Laerskool Oranje-Noord 24-25 Julie 2023

Bana Kindergarten 27-28 July 2023
6th Jul 2023

R170.00 pp

Bookings have closed. Follow us on Facebook to see when Captain Hear’O will be in your area again!

Out of stock

Description

GEHOORSIFTING BY DIE SKOOL

Goeie gehoor is van uiterste belang vir u kind se ontwikkeling, vordering en prestasie in sy/haar skoolloopbaan. Juis daarom is vroeë identifisering van gehoorprobleme so belangrik. Probleme wat baie dikwels by jonger kinders voorkom, soms sonder ouers se medewete is byvoorbeeld:

  • Opbou van vog agter die oordrom;
  • Opbou van was in die oorkanaal;
  • Gehoorverlies aanwesig vanaf geboorte;
  • Gehoorverlies weens virale infeksies en geraasblootstelling.

Dit is dus baie belangrik om te weet dat gehoorverlies in verskillende grade voorkom en dat dit dus kan voorkom asof daar niks met jou kind se gehoor skort nie, terwyl hy/sy dalk sekere klanke beter as ander hoor.

Captain Hear’O besoek skole om kinders te leer van oor- en gehoorsorg deur die gebruik van liedjies en verhoogspel. Omdat hy so ‘n vriendelike karakter is, is kinders gaande oor hom en word al die belangrike lesse wat hy vir hulle leer, geïnternaliseer!

Die oudioloog, vergesel hom, doen gehoorsiftingstoetse en maak seker dat die kinders “super” soniese gehoor het!

Die siftingsproses bestaan uit 4 verskillende toetse:

  • Otoskopiese Ondersoek – Ondersoek die oorkanaal en oordrom visueel.
  • Timpanometrie – Middeloortoets.
  • Suiwertoon Oudiometrie – Toets die gehoor deur piep-klankies by verskillende toonhoogtes.
  • Oto Akoestiese Emissies – Toets van die gehoororgaan sonder dat die kind hoef te reageer op klank.

‘n Verslag wat u kind se resultate aandui en volledig verduidelik, word huis toe gestuur. In die geval dat daar wel ‘n moontlike probleem geïdentifiseer is tydens toetsing, sal ons die nodige verwysing op die verslag aandui. Die verslag bevat ook n verduideliking van elke toets indien jy meer besonderhede daaroor verlang.

Vir meer inligting oor Captain Hear’O besoek gerus die webtuiste:

www.captain-hearo.co.za en om ons te kontak stuur gerus ‘n epos na enquiries@captain-hearo.co.za of skakel ons op – 060 957 7253